Skip to content

Here’s what our parents have to say about our classes

  • by

My sesjarige geniet RobotiX geweldig, en sy selfvertroue en probleemoplossingsvermoë groei met elke sessie. Die feit dat die klasse tans tuis aangebied word is gerieflik, en die veiligheidsmaatreëls wat noukeurig gevolg word gee ‘n mens gemoedsrus. Dit was die afgelope ruk ‘n voorreg om op ‘n afstand waar te neem hoe rustig, geduldig en aanmoedigend die instrukteur die lesse handhaaf. Ek kan RobotiX nie genoeg aanbeveel nie.

– Anoniem

My son, Ruan, is a Lego fanatic – the fact that Robotix combines Lego and technology, and makes it a learning experience is an absolute bonus!  The Robotix class is definitely a highlight every second week, and he can never wait for the next class.
 
The fact that Robotix is doing home visits during lockdown, means that Ruan doesn’t have to miss out on yet another extra mural activity.  He gets one on one attention, and in the comfort and safety of our own home. 
 
Thank you Erus and Robotix!

– Linde-Lou

Michalak sien elke keer baie uit na sy Robotix klas/les. Hy geniet die interaksie en die bou van die robotte verskriklik baie. Die Robotix leer hom om buite die boks te dink met die skryf van die programme en bou van die robotte. Dit is vir hom verskriklik lekker om die eindresultaat te sien en daarmee te spog. Ek beveel Robotix beslis aan veral as jou kind geinteresseerd is in die bou van robotte en om ‘n program vir dit te skryf (coding) op rekenaar om dit beweging en lewe te gee.


Baie dankie aan die Robotix span vir al julle moeite om die lesse leersaam en interessant te maak vir die kinders.

– Lize

Ons is baie tevrede met jul professionaliteit en alles wat Regardt tot dusvêr geleer het.

Baie dankie.

– Carle

Baie dankie vir die geleentheid.  Lehan het nog net 2 klasse gedoen, maar praat van groot lof van Erus en hy geniet die Robotix klasse vreeslik.  
Dankie vir jou vriendelik en geduldige benadering met die 2 seuns!

– Danielle

“Ons dogtertjie geniet Robotix vreeslik baie. Haar begrip vir Wiskundige probleem oplossing asook ingeneursvaardighede is finominaal. Dit is alles te danke aan die unieke konsep en leer tegnieke wat Robotix haar gee. Daar is geen twyfel by ons as ouers dat hierdie ‘n uitmuntende program is waarby ons kind betrokke is nie.  Ons sal baie graag wil voortbou en aanhou met haar lessies. 

Baie dankie Erus vir die hoogstaande kennis en ook toenemendheid waarmee jy die lesse aanbied.”

– Sanet

Van al die aktiwiteite wat ons kinders doen is die diens met RobotiX by verre die beste. Julle stel regtig ons kinders eerste en ek waardeer opreg julle moeite.

– Nadia